Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PROVERBS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 2
Prov Afr1953 2:1  My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,
Prov Afr1953 2:2  sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;
Prov Afr1953 2:3  ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,
Prov Afr1953 2:4  as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
Prov Afr1953 2:5  dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind
Prov Afr1953 2:6  (want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,
Prov Afr1953 2:7  en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel
Prov Afr1953 2:8  deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);
Prov Afr1953 2:9  dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid — elke goeie pad.
Prov Afr1953 2:10  Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;
Prov Afr1953 2:11  oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,
Prov Afr1953 2:12  om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;
Prov Afr1953 2:13  van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;
Prov Afr1953 2:14  die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,
Prov Afr1953 2:15  van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;
Prov Afr1953 2:16  om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei
Prov Afr1953 2:17  (wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;
Prov Afr1953 2:18  want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
Prov Afr1953 2:19  almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie)
Prov Afr1953 2:20  sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;
Prov Afr1953 2:21  want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,
Prov Afr1953 2:22  maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.