Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PROVERBS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 10
Prov Afr1953 10:1  Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.
Prov Afr1953 10:2  Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.
Prov Afr1953 10:3  Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.
Prov Afr1953 10:4  Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
Prov Afr1953 10:5  Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak.
Prov Afr1953 10:6  Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
Prov Afr1953 10:7  Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.
Prov Afr1953 10:8  Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.
Prov Afr1953 10:9  Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
Prov Afr1953 10:10  Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val.
Prov Afr1953 10:11  Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
Prov Afr1953 10:12  Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.
Prov Afr1953 10:13  Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.
Prov Afr1953 10:14  Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.
Prov Afr1953 10:15  Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.
Prov Afr1953 10:16  Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.
Prov Afr1953 10:17  'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.
Prov Afr1953 10:18  Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.
Prov Afr1953 10:19  By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
Prov Afr1953 10:20  Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.
Prov Afr1953 10:21  Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.
Prov Afr1953 10:22  Die seën van die HERE — dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.
Prov Afr1953 10:23  Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.
Prov Afr1953 10:24  Waar die goddelose bang voor is — dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.
Prov Afr1953 10:25  Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.
Prov Afr1953 10:26  Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.
Prov Afr1953 10:27  Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.
Prov Afr1953 10:28  Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.
Prov Afr1953 10:29  Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
Prov Afr1953 10:30  Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.
Prov Afr1953 10:31  Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.
Prov Afr1953 10:32  Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.