Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PROVERBS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 12
Prov Afr1953 12:1  Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.
Prov Afr1953 12:2  Die goeie verkry 'n welbehae van die HERE, maar Hy veroordeel 'n slinkse man.
Prov Afr1953 12:3  Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.
Prov Afr1953 12:4  'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting in sy gebeente.
Prov Afr1953 12:5  Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.
Prov Afr1953 12:6  Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.
Prov Afr1953 12:7  Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.
Prov Afr1953 12:8  Ooreenkomstig sy insig word 'n man geprys; maar 'n verkeerde van hart sal verag word.
Prov Afr1953 12:9  Wie gering geag word en 'n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.
Prov Afr1953 12:10  Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.
Prov Afr1953 12:11  Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.
Prov Afr1953 12:12  Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op.
Prov Afr1953 12:13  In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.
Prov Afr1953 12:14  Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug.
Prov Afr1953 12:15  Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.
Prov Afr1953 12:16  Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.
Prov Afr1953 12:17  Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar 'n valse getuie bedrog.
Prov Afr1953 12:18  Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.
Prov Afr1953 12:19  'n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar 'n valse tong vir 'n oomblik.
Prov Afr1953 12:20  Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.
Prov Afr1953 12:21  Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk.
Prov Afr1953 12:22  Valse lippe is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.
Prov Afr1953 12:23  'n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.
Prov Afr1953 12:24  Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.
Prov Afr1953 12:25  Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.
Prov Afr1953 12:26  Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.
Prov Afr1953 12:27  Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n mens.
Prov Afr1953 12:28  Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid.