Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PROVERBS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 26
Prov Afr1953 26:1  Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie.
Prov Afr1953 26:2  Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.
Prov Afr1953 26:3  'n Sweep is vir die perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase.
Prov Afr1953 26:4  Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.
Prov Afr1953 26:5  Antwoord 'n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.
Prov Afr1953 26:6  Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas.
Prov Afr1953 26:7  Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
Prov Afr1953 26:8  Soos een wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan 'n dwaas.
Prov Afr1953 26:9  Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard geraak het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
Prov Afr1953 26:10  Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.
Prov Afr1953 26:11  Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.
Prov Afr1953 26:12  Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom.
Prov Afr1953 26:13  Die luiaard sê: Daar is 'n leeu op die pad, 'n leeu op die pleine.
Prov Afr1953 26:14  'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.
Prov Afr1953 26:15  Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.
Prov Afr1953 26:16  Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.
Prov Afr1953 26:17  Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie.
Prov Afr1953 26:18  Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,
Prov Afr1953 26:19  so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.
Prov Afr1953 26:20  Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.
Prov Afr1953 26:21  Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits.
Prov Afr1953 26:22  Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
Prov Afr1953 26:23  Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is — so is gloeiende lippe en 'n slegte hart.
Prov Afr1953 26:24  Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.
Prov Afr1953 26:25  As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.
Prov Afr1953 26:26  Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
Prov Afr1953 26:27  Wie 'n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat 'n klip rol, dit sal na hom terugkom.
Prov Afr1953 26:28  'n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en 'n gladde mond bewerk ondergang.