PROVERBS
Chapter 26
Prov | Afr1953 | 26:1 | Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie. | |
Prov | Afr1953 | 26:2 | Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie. | |
Prov | Afr1953 | 26:3 | 'n Sweep is vir die perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase. | |
Prov | Afr1953 | 26:7 | Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase. | |
Prov | Afr1953 | 26:9 | Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard geraak het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase. | |
Prov | Afr1953 | 26:10 | Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur. | |
Prov | Afr1953 | 26:11 | Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal. | |
Prov | Afr1953 | 26:12 | Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom. | |
Prov | Afr1953 | 26:15 | Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring. | |
Prov | Afr1953 | 26:17 | Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie. | |
Prov | Afr1953 | 26:20 | Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis. | |
Prov | Afr1953 | 26:21 | Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits. | |
Prov | Afr1953 | 26:22 | Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste. | |
Prov | Afr1953 | 26:23 | Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is — so is gloeiende lippe en 'n slegte hart. | |
Prov | Afr1953 | 26:26 | Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar. | |
Prov | Afr1953 | 26:27 | Wie 'n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat 'n klip rol, dit sal na hom terugkom. | |