PROVERBS
Chapter 4
Prov | Afr1953 | 4:4 | het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe. | |
Prov | Afr1953 | 4:5 | Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie: | |
Prov | Afr1953 | 4:7 | Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit. | |
Prov | Afr1953 | 4:10 | Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word. | |
Prov | Afr1953 | 4:11 | In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree; | |
Prov | Afr1953 | 4:12 | as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie. | |
Prov | Afr1953 | 4:16 | want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie. | |
Prov | Afr1953 | 4:18 | Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe, | |
Prov | Afr1953 | 4:19 | is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie. | |
Prov | Afr1953 | 4:22 | Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam. | |
Prov | Afr1953 | 4:23 | Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. | |
Prov | Afr1953 | 4:24 | Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. | |