PROVERBS
Chapter 8
Prov | Afr1953 | 8:3 | aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop: | |
Prov | Afr1953 | 8:5 | Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan. | |
Prov | Afr1953 | 8:11 | Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. | |
Prov | Afr1953 | 8:12 | Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg. | |
Prov | Afr1953 | 8:13 | Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek. | |
Prov | Afr1953 | 8:21 | om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol. | |
Prov | Afr1953 | 8:23 | Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af. | |
Prov | Afr1953 | 8:24 | Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie; | |
Prov | Afr1953 | 8:26 | toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie. | |
Prov | Afr1953 | 8:27 | Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed; | |
Prov | Afr1953 | 8:28 | toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het; | |
Prov | Afr1953 | 8:29 | toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het — | |
Prov | Afr1953 | 8:30 | toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd, | |
Prov | Afr1953 | 8:34 | Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou. | |