PROVERBS
Chapter 30
Prov | Afr1953 | 30:1 | Die woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag. | |
Prov | Afr1953 | 30:4 | Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun — as jy dit weet? | |
Prov | Afr1953 | 30:6 | Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie. | |
Prov | Afr1953 | 30:8 | Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; | |
Prov | Afr1953 | 30:9 | dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie. | |
Prov | Afr1953 | 30:10 | Belaster nie 'n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie. | |
Prov | Afr1953 | 30:14 | 'n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die land te verteer en die behoeftiges onder die mensdom uit. | |
Prov | Afr1953 | 30:15 | Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! — | |
Prov | Afr1953 | 30:16 | die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie! | |
Prov | Afr1953 | 30:17 | 'n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag — die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet. | |
Prov | Afr1953 | 30:19 | die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n man by 'n maagd. | |
Prov | Afr1953 | 30:20 | So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie. | |
Prov | Afr1953 | 30:23 | onder 'n nie-geliefde as sy tog 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe. | |
Prov | Afr1953 | 30:26 | die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots; | |
Prov | Afr1953 | 30:32 | As jy dwaas gewees het deur jou te verhef, of as jy vooraf nagedink het — die hand op die mond! | |