Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PROVERBS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 16
Prov Afr1953 16:1  Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE.
Prov Afr1953 16:2  Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die HERE toets die geeste.
Prov Afr1953 16:3  Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.
Prov Afr1953 16:4  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.
Prov Afr1953 16:5  Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.
Prov Afr1953 16:6  Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad.
Prov Afr1953 16:7  As die HERE behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.
Prov Afr1953 16:8  Liewer 'n bietjie met geregtigheid, as 'n menigte van inkomste met onreg.
Prov Afr1953 16:9  Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.
Prov Afr1953 16:10  Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie.
Prov Afr1953 16:11  'n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die HERE, al die weegstene in die sak is sy werk.
Prov Afr1953 16:12  Dit is 'n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig.
Prov Afr1953 16:13  Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hóm lief wat regte dinge spreek.
Prov Afr1953 16:14  Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar 'n wyse man bring dit tot bedaring.
Prov Afr1953 16:15  In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos 'n wolk van die laat reëns.
Prov Afr1953 16:16  Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.
Prov Afr1953 16:17  Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe.
Prov Afr1953 16:18  Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.
Prov Afr1953 16:19  Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.
Prov Afr1953 16:20  Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.
Prov Afr1953 16:21  'n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering.
Prov Afr1953 16:22  'n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.
Prov Afr1953 16:23  Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.
Prov Afr1953 16:24  Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.
Prov Afr1953 16:25  Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
Prov Afr1953 16:26  Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan.
Prov Afr1953 16:27  'n Deugniet grawe 'n kuil van onheil, en op sy lippe is soos 'n brandende vuur.
Prov Afr1953 16:28  'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.
Prov Afr1953 16:29  'n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op 'n weg wat nie goed is nie.
Prov Afr1953 16:30  Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.
Prov Afr1953 16:31  Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.
Prov Afr1953 16:32  Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.
Prov Afr1953 16:33  In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.