PROVERBS
Chapter 22
Prov | Afr1953 | 22:3 | 'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf. | |
Prov | Afr1953 | 22:5 | Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan. | |
Prov | Afr1953 | 22:6 | Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie. | |
Prov | Afr1953 | 22:7 | Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen. | |
Prov | Afr1953 | 22:10 | Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op. | |
Prov | Afr1953 | 22:11 | Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is — die koning is sy vriend. | |
Prov | Afr1953 | 22:13 | Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word! | |
Prov | Afr1953 | 22:14 | Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val. | |
Prov | Afr1953 | 22:15 | As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder. | |
Prov | Afr1953 | 22:18 | Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe. | |
Prov | Afr1953 | 22:19 | Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou. | |
Prov | Afr1953 | 22:21 | om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie? | |
Prov | Afr1953 | 22:22 | Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie. | |
Prov | Afr1953 | 22:24 | Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie, | |