Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PROVERBS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 8
Prov Afr1953 8:1  Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?
Prov Afr1953 8:2  Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy,
Prov Afr1953 8:3  aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop:
Prov Afr1953 8:4  Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders.
Prov Afr1953 8:5  Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.
Prov Afr1953 8:6  Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.
Prov Afr1953 8:7  Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel.
Prov Afr1953 8:8  Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie,
Prov Afr1953 8:9  hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.
Prov Afr1953 8:10  Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.
Prov Afr1953 8:11  Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
Prov Afr1953 8:12  Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.
Prov Afr1953 8:13  Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek.
Prov Afr1953 8:14  Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne.
Prov Afr1953 8:15  Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;
Prov Afr1953 8:16  deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.
Prov Afr1953 8:17  Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.
Prov Afr1953 8:18  Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid.
Prov Afr1953 8:19  My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer.
Prov Afr1953 8:20  Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,
Prov Afr1953 8:21  om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.
Prov Afr1953 8:22  Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.
Prov Afr1953 8:23  Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.
Prov Afr1953 8:24  Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;
Prov Afr1953 8:25  voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;
Prov Afr1953 8:26  toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.
Prov Afr1953 8:27  Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;
Prov Afr1953 8:28  toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;
Prov Afr1953 8:29  toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het —
Prov Afr1953 8:30  toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,
Prov Afr1953 8:31  en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.
Prov Afr1953 8:32  Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar.
Prov Afr1953 8:34  Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou.
Prov Afr1953 8:35  Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry 'n welbehae van die HERE.
Prov Afr1953 8:36  Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.