Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
EXODUS
Prev Up Next
Chapter 39
Exod Afr1953 39:1  Hulle het ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilige klere vir Aäron gemaak soos die HERE Moses beveel het.
Exod Afr1953 39:2  En hy het die skouerkleed gemaak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
Exod Afr1953 39:3  En hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne — 'n kunstige werk.
Exod Afr1953 39:4  Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aan mekaar vas was; aan die twee bo-ente was dit saamgevoeg.
Exod Afr1953 39:5  En die band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos die HERE Moses beveel het.
Exod Afr1953 39:6  Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op 'n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die kinders van Israel.
Exod Afr1953 39:7  En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos die HERE Moses beveel het.
Exod Afr1953 39:8  Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
Exod Afr1953 39:9  Dit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte, dubbel gevou was dit.
Exod Afr1953 39:10  En hulle het daarin vier rye stene ingevul: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag was die eerste ry.
Exod Afr1953 39:11  En die tweede ry: 'n karbonkel, 'n saffier en 'n jaspis.
Exod Afr1953 39:12  En die derde ry: 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis.
Exod Afr1953 39:13  En die vierde ry: 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.
Exod Afr1953 39:14  En die stene was volgens die name van die kinders van Israel twaalf, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam.
Exod Afr1953 39:15  Hulle het ook by die borstas gedraaide kettings gemaak, soos toutjies gedraai, van suiwer goud;
Exod Afr1953 39:16  en hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak, en die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas bevestig,
Exod Afr1953 39:17  en hulle het die twee goue toutjies aan die twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak.
Exod Afr1953 39:18  Maar die twee ander ente van die twee toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed bevestig, aan die voorkant daarvan.
Exod Afr1953 39:19  Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dié aan die twee onder-ente van die borstas bevestig, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.
Exod Afr1953 39:20  En hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed bevestig, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.
Exod Afr1953 39:21  En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met 'n pers toutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie, soos die HERE Moses beveel het.
Exod Afr1953 39:22  En hy het die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof.
Exod Afr1953 39:23  En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van 'n pantser; die opening het 'n soom rondom gehad, dat dit nie sou skeur nie.
Exod Afr1953 39:24  En aan die soom van die mantel het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
Exod Afr1953 39:25  Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die soom van die mantel rondom, tussen die granaatjies in:
Exod Afr1953 39:26  'n klokkie en 'n granaatjie, 'n klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos die HERE Moses beveel het.
Exod Afr1953 39:27  Hulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir Aäron en sy seuns;
Exod Afr1953 39:28  en die tulband van fyn linne en die pronkmusse van fyn linne en die linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne;
Exod Afr1953 39:29  en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het.
Exod Afr1953 39:30  Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.
Exod Afr1953 39:31  En hulle het 'n pers toutjie daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos die HERE Moses beveel het.
Exod Afr1953 39:32  So is dan al die werk aan die tabernakel van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak.
Exod Afr1953 39:33  En hulle het die tabernakel na Moses gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy style, sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke,
Exod Afr1953 39:34  en die dekkleed van rooigeverfde ramsvelle en die dekkleed van robbevelle en die voorhangsel tot bedekking;
Exod Afr1953 39:35  die ark van die Getuienis met sy draaghoute en die versoendeksel;
Exod Afr1953 39:37  die suiwer kandelaar met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy gereedskap en die olie vir die kandelaar;
Exod Afr1953 39:38  verder die goue altaar en die salfolie en die reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent;
Exod Afr1953 39:39  die koperaltaar en sy kopertraliewerk, sy draaghoute met al sy gereedskap, die waskom en sy voetstuk;
Exod Afr1953 39:40  die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en penne wat daarby behoort, en al die gereedskap vir die diens in die tabernakel van die tent van samekoms;
Exod Afr1953 39:41  die kunstige klere, om in die heiligdom te dien, die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien.
Exod Afr1953 39:42  Net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel die hele werk gemaak.
Exod Afr1953 39:43  En Moses het die hele werk bekyk — en hulle het dit gemaak soos die HERE beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moses hulle geseën.