Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
LUKE
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 6
Luke Afr1953 6:1  En op die tweede eerste sabbat het Hy deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het die are gepluk en met hulle hande uitgevrywe en geëet.
Luke Afr1953 6:2  Toe sê sommige van die Fariseërs vir hulle: Waarom doen julle wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie?
Luke Afr1953 6:3  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Het julle dan nie gelees wat Dawid gedoen het nie — toe hy honger gehad het, hy en die wat by hom was —
Luke Afr1953 6:4  hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geneem en geëet het, en ook aan die wat by hom was, gegee het, wat hulle nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?
Luke Afr1953 6:5  Toe sê Hy vir hulle: Die Seun van die mens is Here óók van die sabbat.
Luke Afr1953 6:6  En op 'n ander sabbat het Hy in die sinagoge gegaan en geleer. En daar was 'n man, en sy regterhand was uitgedor.
Luke Afr1953 6:7  En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het Hom in die oog gehou, of Hy op die sabbat gesond maak, sodat hulle 'n aanklag teen Hom kon vind.
Luke Afr1953 6:8  Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir die man met die verdorde hand gesê: Staan op hier in hul midde. En hy het opgestaan.
Luke Afr1953 6:9  Toe sê Jesus vir hulle: Ek sal aan julle 'n vraag stel: wat is geoorloof op die sabbat — om goed te doen of kwaad te doen; om 'n lewe te red of óm te bring?
Luke Afr1953 6:10  En nadat Hy almal rondom aangekyk het, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit gedoen; en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.
Luke Afr1953 6:11  En hulle is met uitsinnigheid vervul en het met mekaar gepraat wat hulle aan Jesus sou doen.
Luke Afr1953 6:12  En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.
Luke Afr1953 6:13  En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:
Luke Afr1953 6:14  Simon wat Hy Petrus genoem het, en Andréas, sy broer; Jakobus en Johannes; Filippus en Bartholoméüs;
Luke Afr1953 6:15  Matthéüs en Thomas; Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon wat Yweraar genoem word;
Luke Afr1953 6:16  Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskáriot, wat die verraaier geword het.
Luke Afr1953 6:17  En Hy het met hulle afgeklim en op 'n gelyk plek gaan staan, en daar was 'n skare van sy dissipels en 'n groot menigte van die volk van die hele Judéa en Jerusalem en die kusstreek van Tirus en Sidon af,
Luke Afr1953 6:18  wat gekom het om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word; en die wat gekwel was deur onreine geeste, is ook genees.
Luke Afr1953 6:19  En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.
Luke Afr1953 6:20  Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
Luke Afr1953 6:21  Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.
Luke Afr1953 6:22  Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
Luke Afr1953 6:23  Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
Luke Afr1953 6:24  Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.
Luke Afr1953 6:25  Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.
Luke Afr1953 6:26  Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.
Luke Afr1953 6:27  Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.
Luke Afr1953 6:28  Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.
Luke Afr1953 6:29  Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied; en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie.
Luke Afr1953 6:30  Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.
Luke Afr1953 6:31  En soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.
Luke Afr1953 6:32  En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet.
Luke Afr1953 6:33  En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.
Luke Afr1953 6:34  En as julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.
Luke Afr1953 6:35  Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.
Luke Afr1953 6:36  Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.
Luke Afr1953 6:37  En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
Luke Afr1953 6:38  Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
Luke Afr1953 6:39  En Hy het vir hulle 'n gelykenis uitgespreek: 'n Blinde kan tog nie 'n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in die sloot val nie?
Luke Afr1953 6:40  'n Leerling is nie bo sy meester nie; maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.
Luke Afr1953 6:41  En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie?
Luke Afr1953 6:42  Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.
Luke Afr1953 6:43  Want dit is nie 'n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie 'n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.
Luke Afr1953 6:44  Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk 'n mens tog nie vye nie, en 'n mens sny ook nie druiwe van 'n doringbos nie.
Luke Afr1953 6:45  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.
Luke Afr1953 6:46  En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
Luke Afr1953 6:47  Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is.
Luke Afr1953 6:48  Hy is soos 'n man wat 'n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.
Luke Afr1953 6:49  Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos 'n man wat 'n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot.