Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
I CHRONICLES
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 16
I Ch Afr1953 16:1  Nadat hulle die ark ingebring en dit neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het hulle brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van God.
I Ch Afr1953 16:2  Toe Dawid gereed was met die brandoffer en die dankoffers, het hy die volk in die Naam van die HERE geseën.
I Ch Afr1953 16:3  En hy het aan elkeen van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen 'n broodjie en 'n stuk vleis en 'n rosynekoek uitgedeel.
I Ch Afr1953 16:4  En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die ark van die HERE, en dit om die HERE, die God van Israel, te roem en te loof en te prys:
I Ch Afr1953 16:5  Asaf, die hoof, en Sagaría, die tweede in rang ná hom; Jeï-el en Semíramot en Jehíël en Mattítja en Elíab en Benája en Obed-Edom en Jeï-el met harp— en siterinstrumente, terwyl Asaf met die simbale musiek gemaak het,
I Ch Afr1953 16:6  en Benája en Jahásiël, die priesters, gedurigdeur met trompette voor die verbondsark van God.
I Ch Afr1953 16:7  Op dieselfde dag, toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om "loof die HERE" te sing.
I Ch Afr1953 16:8  Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend!
I Ch Afr1953 16:9  Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.
I Ch Afr1953 16:10  Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.
I Ch Afr1953 16:11  Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
I Ch Afr1953 16:12  Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,
I Ch Afr1953 16:13  o nageslag van Israel, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!
I Ch Afr1953 16:14  Hy, die HERE is onse God; oor die ganse aarde is sy oordele.
I Ch Afr1953 16:15  Dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte —
I Ch Afr1953 16:16  die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;
I Ch Afr1953 16:17  wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond,
I Ch Afr1953 16:18  met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle afgemete erfdeel.
I Ch Afr1953 16:19  Toe julle min mense was, min en vreemdelinge daarin,
I Ch Afr1953 16:20  en hulle getrek het van nasie tot nasie, en van die een koninkryk na die ander volk,
I Ch Afr1953 16:21  het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:
I Ch Afr1953 16:22  Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
I Ch Afr1953 16:23  Sing tot eer van die HERE, o ganse aarde! Verkondig sy heil van dag tot dag.
I Ch Afr1953 16:24  Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.
I Ch Afr1953 16:25  Want die HERE is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode.
I Ch Afr1953 16:26  Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak.
I Ch Afr1953 16:27  Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek.
I Ch Afr1953 16:28  Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.
I Ch Afr1953 16:29  Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad.
I Ch Afr1953 16:30  Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
I Ch Afr1953 16:31  Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning!
I Ch Afr1953 16:32  Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is.
I Ch Afr1953 16:33  Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel.
I Ch Afr1953 16:34  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid;
I Ch Afr1953 16:35  en sê: Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
I Ch Afr1953 16:36  Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amen! en: Prys die HERE!
I Ch Afr1953 16:37  En hy het daar voor die verbondsark van die HERE Asaf en sy broers laat staan om gedurigdeur te dien voor die ark na die eis van elke dag;
I Ch Afr1953 16:38  en ook Obed-Edom met hulle broers, agt en sestig, en Obed-Edom, die seun van Jedútun, en Hosa as poortwagters;
I Ch Afr1953 16:39  maar Sadok, die priester, met sy broers, die priesters, voor die tabernakel van die HERE, op die hoogte wat in Gíbeon is,
I Ch Afr1953 16:40  om gedurigdeur smôrens en saans op die brandofferaltaar brandoffers aan die HERE te bring, en dit volgens alles wat geskrywe is in die wet van die HERE wat Hy Israel beveel het;
I Ch Afr1953 16:41  en saam met hulle Heman en Jedútun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is;
I Ch Afr1953 16:42  en by hulle, Heman en Jedútun, was trompette en simbale vir die musikante en instrumente vir die liedere tot eer van God; maar die seuns van Jedútun was by die poort.
I Ch Afr1953 16:43  En toe die hele volk elkeen na sy huis gegaan het, het Dawid omgedraai om sy huisgesin te seën.