I CHRONICLES
Chapter 6
I Ch | Afr1953 | 6:3 | En die seuns van Amram was: Aäron en Moses, en Mirjam; en die seuns van Aäron was: Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar. | |
I Ch | Afr1953 | 6:10 | en Jóhanan van Asárja; dit is hy wat die priesteramp bedien het in die huis wat Salomo in Jerusalem gebou het. | |
I Ch | Afr1953 | 6:15 | en Jósadak het saamgegaan toe die HERE Juda en Jerusalem deur die hand van Nebukadnésar in ballingskap weggevoer het. | |
I Ch | Afr1953 | 6:19 | Die seuns van Merári was Magli en Musi. En dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families: | |
I Ch | Afr1953 | 6:31 | En dit is hulle wat Dawid aangestel het vir die leiding van die sang in die huis van die HERE vandat die ark 'n rusplek gevind het. | |
I Ch | Afr1953 | 6:32 | En hulle het as sangers gedien voor die tabernakel van die tent van samekoms, totdat Salomo die huis van die HERE in Jerusalem gebou het; en hulle het in hul dienswerk gestaan volgens hulle ordening. | |
I Ch | Afr1953 | 6:33 | En dit is hulle wat in diens gestaan het saam met hulle seuns: van die seuns van die Kehatiete: Heman, die sanger, die seun van Joël, die seun van Samuel, | |
I Ch | Afr1953 | 6:36 | die seun van Élkana, die seun van Joël, die seun van Asárja, die seun van Sefánja, | |
I Ch | Afr1953 | 6:39 | En sy broer was Asaf, wat aan sy regterhand gestaan het; Asaf was die seun van Berégja, die seun van Símea, | |
I Ch | Afr1953 | 6:44 | En hulle broers, die seuns van Merári, aan die linkerhand, was: Etan, die seun van Kisi, die seun van Abdi, die seun van Mallug, | |
I Ch | Afr1953 | 6:48 | En hulle broers, die Leviete, was bestemd vir al die dienswerk by die tabernakel van die huis van God. | |
I Ch | Afr1953 | 6:49 | Maar Aäron en sy seuns het offerrook laat opgaan op die brandofferaltaar en op die reukofferaltaar, vir al die werk in die Allerheiligste en om versoening te doen vir Israel, net soos Moses, die kneg van God, beveel het. | |
I Ch | Afr1953 | 6:50 | En dit is die seuns van Aäron: Eleásar was sy seun, Pínehas sy seun, Abisúa sy seun; | |
I Ch | Afr1953 | 6:54 | En dit was hulle woonplekke volgens hulle laers in hulle grondgebied — aan die seuns van Aäron, aan die geslag van die Kehatiete, want aan hulle was die eerste lot. | |
I Ch | Afr1953 | 6:56 | maar die saaigrond van die stad en sy dorpe het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, gegee. | |
I Ch | Afr1953 | 6:57 | En aan die seuns van Aäron het hulle die vrystad Hebron en Libna gegee met die weiveld daarvan, en Jattir en Estemóa met die weiveld daarvan, | |
I Ch | Afr1953 | 6:60 | en van die stam van Benjamin: Geba met sy weiveld, en Alémet met sy weiveld, en Anatot met sy weiveld. Al hulle stede in hulle geslagte was dertien stede. | |
I Ch | Afr1953 | 6:61 | En aan die ander seuns van Kehat uit die geslag van die stam, uit die halwe stam, half Manasse, tien stede deur die lot. | |
I Ch | Afr1953 | 6:62 | En aan die seuns van Gersom, volgens hulle geslagte, uit die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede. | |
I Ch | Afr1953 | 6:63 | Aan die seuns van Merári volgens hulle geslagte uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon deur die lot, twaalf stede. | |
I Ch | Afr1953 | 6:65 | hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Juda en uit die stam van die seuns van Símeon en uit die stam van die seuns van Benjamin hierdie stede gegee wat hulle met die naam genoem het. | |
I Ch | Afr1953 | 6:66 | En aan die ander uit die geslagte van die seuns van Kehat — die stede van hulle grondgebied was uit die stam van Efraim. | |
I Ch | Afr1953 | 6:67 | En hulle het aan hulle die vrystad Sigem met sy weiveld, op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld gegee; | |
I Ch | Afr1953 | 6:70 | en uit die halwe stam van Manasse: Aner met sy weiveld, en Bíleam met sy weiveld — vir die geslag van die ander seuns van Kehat. | |
I Ch | Afr1953 | 6:71 | Aan die seuns van Gersom uit die geslag van die halwe stam van Manasse: Gólan in Basan met sy weiveld, en Astarot met sy weiveld; | |
I Ch | Afr1953 | 6:76 | en uit die stam van Náftali: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammon met sy weiveld, en Kirjatáim met sy weiveld. | |
I Ch | Afr1953 | 6:77 | Aan die ander seuns van Merári uit die stam van Sébulon: Rimmóno met sy weiveld, Tabor met sy weiveld; | |
I Ch | Afr1953 | 6:78 | en oorkant die Jordaan van Jérigo, aan die oostekant van die Jordaan, uit die stam van Ruben: Beser in die woestyn met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld, | |
I Ch | Afr1953 | 6:80 | en uit die stam van Gad: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld, | |