I CHRONICLES
Chapter 16
I Ch | Afr1953 | 16:1 | Nadat hulle die ark ingebring en dit neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het hulle brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van God. | |
I Ch | Afr1953 | 16:2 | Toe Dawid gereed was met die brandoffer en die dankoffers, het hy die volk in die Naam van die HERE geseën. | |
I Ch | Afr1953 | 16:3 | En hy het aan elkeen van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen 'n broodjie en 'n stuk vleis en 'n rosynekoek uitgedeel. | |
I Ch | Afr1953 | 16:4 | En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die ark van die HERE, en dit om die HERE, die God van Israel, te roem en te loof en te prys: | |
I Ch | Afr1953 | 16:5 | Asaf, die hoof, en Sagaría, die tweede in rang ná hom; Jeï-el en Semíramot en Jehíël en Mattítja en Elíab en Benája en Obed-Edom en Jeï-el met harp— en siterinstrumente, terwyl Asaf met die simbale musiek gemaak het, | |
I Ch | Afr1953 | 16:6 | en Benája en Jahásiël, die priesters, gedurigdeur met trompette voor die verbondsark van God. | |
I Ch | Afr1953 | 16:7 | Op dieselfde dag, toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om "loof die HERE" te sing. | |
I Ch | Afr1953 | 16:10 | Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. | |
I Ch | Afr1953 | 16:12 | Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond, | |
I Ch | Afr1953 | 16:15 | Dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte — | |
I Ch | Afr1953 | 16:20 | en hulle getrek het van nasie tot nasie, en van die een koninkryk na die ander volk, | |
I Ch | Afr1953 | 16:21 | het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: | |
I Ch | Afr1953 | 16:27 | Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek. | |
I Ch | Afr1953 | 16:29 | Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad. | |
I Ch | Afr1953 | 16:30 | Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. | |
I Ch | Afr1953 | 16:31 | Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning! | |
I Ch | Afr1953 | 16:33 | Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel. | |
I Ch | Afr1953 | 16:35 | en sê: Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof! | |
I Ch | Afr1953 | 16:36 | Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amen! en: Prys die HERE! | |
I Ch | Afr1953 | 16:37 | En hy het daar voor die verbondsark van die HERE Asaf en sy broers laat staan om gedurigdeur te dien voor die ark na die eis van elke dag; | |
I Ch | Afr1953 | 16:38 | en ook Obed-Edom met hulle broers, agt en sestig, en Obed-Edom, die seun van Jedútun, en Hosa as poortwagters; | |
I Ch | Afr1953 | 16:39 | maar Sadok, die priester, met sy broers, die priesters, voor die tabernakel van die HERE, op die hoogte wat in Gíbeon is, | |
I Ch | Afr1953 | 16:40 | om gedurigdeur smôrens en saans op die brandofferaltaar brandoffers aan die HERE te bring, en dit volgens alles wat geskrywe is in die wet van die HERE wat Hy Israel beveel het; | |
I Ch | Afr1953 | 16:41 | en saam met hulle Heman en Jedútun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is; | |
I Ch | Afr1953 | 16:42 | en by hulle, Heman en Jedútun, was trompette en simbale vir die musikante en instrumente vir die liedere tot eer van God; maar die seuns van Jedútun was by die poort. | |