Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOSHUA
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 19
Josh Afr1953 19:1  En die tweede lot het uitgekom vir Símeon, vir die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte; en hulle erfdeel was in die middel van die erfdeel van die kinders van Juda.
Josh Afr1953 19:2  En hulle het in hulle erfdeel gehad: Beër-Seba en Seba en Mólada,
Josh Afr1953 19:6  en Bet-Lebáot en Sarúhen: dertien stede met hulle dorpe;
Josh Afr1953 19:7  Ajin, Rimmon en Eter en Asan: vier stede met hulle dorpe;
Josh Afr1953 19:8  en al die dorpe wat rondom hierdie stede was, tot by Báälat-Beër, die Rama van die Suidland. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte.
Josh Afr1953 19:9  Uit die aandeel van die kinders van Juda is die erfdeel van die kinders van Símeon, omdat die deel van die kinders van Juda vir hulle te groot was; daarom het die kinders van Símeon geërwe in die middel van húlle erfdeel.
Josh Afr1953 19:10  En die derde lot het opgekom vir die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte, en die lyn van hulle erfdeel was tot by Sarid.
Josh Afr1953 19:11  En hulle lyn loop op in westelike rigting na Marála en raak aan Dabbéset en aan die spruit wat teenoor Jókneam loop;
Josh Afr1953 19:12  en van Sarid af swaai dit na die oostekant, teen sonop, na die gebied van Kislot-Tabor, en loop aan na Daberat en loop op na Jáfia;
Josh Afr1953 19:13  en daarvandaan loop dit oor na die ooste teen sonop, na Gat-Hefer, na Et-Kasin, en loop aan na Rimmon wat hom na Nea toe uitstrek;
Josh Afr1953 19:14  dan swaai die lyn noord daaromheen na Hannáton en loop dood by die dal Jiftag-El;
Josh Afr1953 19:15  en Kattat en Náhalal en Simron en Jídeala en Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe.
Josh Afr1953 19:16  Dit was die erfdeel van die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.
Josh Afr1953 19:17  Vir Issaskar het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Issaskar volgens hulle geslagte;
Josh Afr1953 19:18  en hulle grondgebied was na Jísreël toe en Kesúllot en Sunem,
Josh Afr1953 19:22  en die lyn raak aan Tabor en Sahasíma en Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe.
Josh Afr1953 19:23  Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Issaskar volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
Josh Afr1953 19:24  En die vyfde lot het uitgekom vir die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte;
Josh Afr1953 19:25  en hulle gebied was: Helkat en Hali en Beten en Agsaf,
Josh Afr1953 19:26  en Allamméleg en Amead en Miseal; en raak in die weste aan die Karmel en aan Sihor-Libnat;
Josh Afr1953 19:27  dan draai dit teen sonop na Bet-Dagon en raak aan Sébulon en die dal Jiftag-El in die noorde, Bet-Emek en Nehíël, en loop aan links by Kabul;
Josh Afr1953 19:28  en Ebron en Rehob en Hammon en Kana tot by Groot-Sidon;
Josh Afr1953 19:29  dan draai die lyn na Rama en tot by die vesting Tirus; dan draai die lyn na Hosa en loop dood by die see, van die landstreek af wat na Agsib toe lê;
Josh Afr1953 19:30  en Umma en Afek en Rehob: twee en twintig stede met hulle dorpe.
Josh Afr1953 19:31  Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.
Josh Afr1953 19:32  Vir die kinders van Náftali het die sesde lot uitgekom, vir die kinders van Náftali volgens hulle geslagte;
Josh Afr1953 19:33  en hulle lyn was van Helef, van die eikeboom by Saänánnim af, en Adámi-Nekeb en Jabneël tot by Lakkum, en dit loop dood by die Jordaan;
Josh Afr1953 19:34  dan draai die lyn in westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan Sébulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan Juda aan die Jordaan in die ooste;
Josh Afr1953 19:35  en die versterkte stede: Siddim, Ser en Hammat, Rakkat en Kinnéret,
Josh Afr1953 19:38  en Jireon en Migdal-El, Horem en Bet-Anat en Bet-Semes: negentien stede met hulle dorpe.
Josh Afr1953 19:39  Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Náftali volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
Josh Afr1953 19:40  Vir die stam van die kinders van Dan, volgens hulle geslagte, het die sewende lot uitgekom.
Josh Afr1953 19:41  En die lyn van hulle erfdeel omvat: Sórea en Estáol en Ir-Semes,
Josh Afr1953 19:46  en Mé-Jarkon en Rakkon, met die gebied teenoor Jafo.
Josh Afr1953 19:47  Maar die kinders van Dan het hulle grondgebied kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen Lesem geveg en dit ingeneem en verslaan met die skerpte van die swaard en dit in besit geneem en daarin gewoon; en hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader Dan.
Josh Afr1953 19:48  Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Dan volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.
Josh Afr1953 19:49  Toe hulle die land volgens sy grenslyne as erfenis geheel verdeel het, het die kinders van Israel aan Josua, die seun van Nun, 'n erfdeel onder hulle gegee;
Josh Afr1953 19:50  op bevel van die HERE het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die gebergte van Efraim; en hy het die stad opgebou en daarin gaan woon.
Josh Afr1953 19:51  Dit is die erfdele wat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde aan die stamme van die kinders van Israel as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Silo, voor die aangesig van die HERE, by die ingang van die tent van samekoms; en hulle het die verdeling van die land beëindig.