EZRA
Chapter 2
Ezra | Afr1953 | 2:1 | En dit is die inwoners van die provinsie Juda wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge wat Nebukadnésar, die koning van Babel, na Babel weggevoer het, wat na Jerusalem en Juda teruggekeer het, elkeen na sy stad; | |
Ezra | Afr1953 | 2:2 | wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Serája, Reëlája, Mórdegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Rehum, Baäna gekom het; die aantal manne van die volk van Israel was: | |
Ezra | Afr1953 | 2:6 | die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van Jésua en Joab, twee duisend agt honderd en twaalf; | |
Ezra | Afr1953 | 2:36 | Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, nege honderd drie en sewentig; | |
Ezra | Afr1953 | 2:40 | Die Leviete: die kinders van Jésua en Kádmiël, van die kinders van Hodáwja, vier en sewentig. | |
Ezra | Afr1953 | 2:42 | Die kinders van die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, almal saam honderd nege en dertig. | |
Ezra | Afr1953 | 2:43 | Die tempelbediendes: die kinders van Síha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot; | |
Ezra | Afr1953 | 2:50 | die kinders van Asna, die kinders van die Meüniete, die kinders van die Nefisiete; | |
Ezra | Afr1953 | 2:55 | die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Hassoféret, die kinders van Perúda; | |
Ezra | Afr1953 | 2:57 | die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Ami — | |
Ezra | Afr1953 | 2:58 | al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo was drie honderd twee en negentig. | |
Ezra | Afr1953 | 2:59 | En dit is hulle wat uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addan, Immer opgetrek het, maar wat nie hulle familie en hulle afkoms kon aanwys of hulle van Israel afkomstig was nie — | |
Ezra | Afr1953 | 2:60 | die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda, ses— honderd twee en vyftig. | |
Ezra | Afr1953 | 2:61 | En van die kinders van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, 'n vrou geneem het en na hulle naam genoem is. | |
Ezra | Afr1953 | 2:62 | Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap. | |
Ezra | Afr1953 | 2:63 | En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat 'n priester sou optree met Urim en Tummim. | |
Ezra | Afr1953 | 2:65 | behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was sewe duisend drie honderd sewe en dertig. En hulle het twee honderd sangers en sangeresse gehad. | |
Ezra | Afr1953 | 2:66 | Hulle perde was sewe honderd ses en dertig; hulle muile, twee honderd vyf en veertig; | |
Ezra | Afr1953 | 2:67 | hulle kamele, vier honderd vyf en dertig; esels, ses duisend sewe honderd en twintig. | |
Ezra | Afr1953 | 2:68 | En van die familiehoofde het, toe hulle by die huis van die HERE kom wat in Jerusalem is, vrywillig gegee vir die huis van God om dit weer op te rig op sy plek. | |
Ezra | Afr1953 | 2:69 | Na hul vermoë het hulle bygedra tot die fonds van die werk: in goud een en sestig duisend dragmes, en in silwer vyf duisend mines en honderd priesterrokke. | |