Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
LUKE
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 24
Luke Afr1953 24:1  En baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.
Luke Afr1953 24:2  En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.
Luke Afr1953 24:3  En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
Luke Afr1953 24:4  En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daar twee manne by hulle in blink klere.
Luke Afr1953 24:5  En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
Luke Afr1953 24:6  Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was:
Luke Afr1953 24:7  Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.
Luke Afr1953 24:9  Hulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander.
Luke Afr1953 24:10  En dit was Maria Magdaléna en Johanna en Maria, die moeder van Jakobus, en die ander vroue saam met hulle wat dit aan die apostels vertel het.
Luke Afr1953 24:11  En hul woorde het vir hulle na onsinnige praatjies gelyk, en hulle het hul nie geglo nie.
Luke Afr1953 24:12  Maar Petrus het opgestaan en na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen lê. En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het.
Luke Afr1953 24:13  En twee van hulle was dieselfde dag op pad na 'n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.
Luke Afr1953 24:14  En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.
Luke Afr1953 24:15  En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.
Luke Afr1953 24:16  Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.
Luke Afr1953 24:17  En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef?
Luke Afr1953 24:18  En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen 'n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?
Luke Afr1953 24:19  En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat 'n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk;
Luke Afr1953 24:20  en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het.
Luke Afr1953 24:21  En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.
Luke Afr1953 24:22  Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was;
Luke Afr1953 24:23  en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook 'n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe.
Luke Afr1953 24:24  En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.
Luke Afr1953 24:25  En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!
Luke Afr1953 24:26  Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?
Luke Afr1953 24:27  En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
Luke Afr1953 24:28  Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan;
Luke Afr1953 24:29  maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.
Luke Afr1953 24:30  En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.
Luke Afr1953 24:31  Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.
Luke Afr1953 24:32  En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?
Luke Afr1953 24:33  Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was,
Luke Afr1953 24:34  wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.
Luke Afr1953 24:35  Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.
Luke Afr1953 24:36  En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!
Luke Afr1953 24:37  Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle 'n gees sien.
Luke Afr1953 24:38  En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?
Luke Afr1953 24:39  Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
Luke Afr1953 24:40  En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.
Luke Afr1953 24:41  En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?
Luke Afr1953 24:42  Daarop gee hulle Hom 'n stuk gebraaide vis en 'n stuk heuningkoek.
Luke Afr1953 24:44  En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.
Luke Afr1953 24:45  Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
Luke Afr1953 24:46  En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,
Luke Afr1953 24:47  en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.
Luke Afr1953 24:49  En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
Luke Afr1953 24:50  En Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.
Luke Afr1953 24:51  En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.
Luke Afr1953 24:52  En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.
Luke Afr1953 24:53  En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen.