Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
I CORINTHIANS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 15
I Co Afr1953 15:1  Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,
I Co Afr1953 15:2  waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
I Co Afr1953 15:3  Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
I Co Afr1953 15:4  en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
I Co Afr1953 15:5  en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.
I Co Afr1953 15:6  Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.
I Co Afr1953 15:7  Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;
I Co Afr1953 15:8  en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.
I Co Afr1953 15:9  Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.
I Co Afr1953 15:10  Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.
I Co Afr1953 15:11  Of dit nou ek of hulle is, so preek ons en so het julle geglo.
I Co Afr1953 15:12  As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?
I Co Afr1953 15:13  As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
I Co Afr1953 15:14  En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;
I Co Afr1953 15:15  en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.
I Co Afr1953 15:16  Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;
I Co Afr1953 15:17  en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;
I Co Afr1953 15:18  dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
I Co Afr1953 15:19  As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
I Co Afr1953 15:20  Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
I Co Afr1953 15:21  Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.
I Co Afr1953 15:22  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
I Co Afr1953 15:23  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
I Co Afr1953 15:24  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
I Co Afr1953 15:25  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.
I Co Afr1953 15:26  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
I Co Afr1953 15:27  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.
I Co Afr1953 15:28  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
I Co Afr1953 15:29  Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?
I Co Afr1953 15:31  Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
I Co Afr1953 15:32  As ek in Éfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!
I Co Afr1953 15:33  Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.
I Co Afr1953 15:34  Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
I Co Afr1953 15:35  Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
I Co Afr1953 15:36  Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
I Co Afr1953 15:37  En wat jy saai — jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar 'n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.
I Co Afr1953 15:38  Maar God gee dit 'n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.
I Co Afr1953 15:39  Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.
I Co Afr1953 15:40  En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.
I Co Afr1953 15:41  Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
I Co Afr1953 15:42  So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
I Co Afr1953 15:43  daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
I Co Afr1953 15:44  'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.
I Co Afr1953 15:45  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam 'n lewendmakende Gees.
I Co Afr1953 15:46  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
I Co Afr1953 15:47  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
I Co Afr1953 15:48  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.
I Co Afr1953 15:49  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
I Co Afr1953 15:50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
I Co Afr1953 15:51  Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
I Co Afr1953 15:52  in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
I Co Afr1953 15:53  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
I Co Afr1953 15:54  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
I Co Afr1953 15:55  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
I Co Afr1953 15:56  Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
I Co Afr1953 15:57  Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
I Co Afr1953 15:58  Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.