Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 131
Psal Afr1953 131:1  'n Bedevaartslied. Van Dawid. o HERE, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie.
Psal Afr1953 131:2  Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos 'n gespeende kind by sy moeder, soos 'n gespeende kind is my siel in my.
Psal Afr1953 131:3  Wag op die HERE, o Israel, van nou af tot in ewigheid!