Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 115
Psal Afr1953 115:1  Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.
Psal Afr1953 115:2  Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God?
Psal Afr1953 115:3  terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.
Psal Afr1953 115:4  Hulle afgode is silwer en goud, 'n werk van mensehande.
Psal Afr1953 115:5  Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
Psal Afr1953 115:6  ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n neus, maar ruik nie;
Psal Afr1953 115:7  hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.
Psal Afr1953 115:8  Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.
Psal Afr1953 115:9  Israel, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!
Psal Afr1953 115:10  Huis van Aäron, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!
Psal Afr1953 115:11  Julle wat die HERE vrees, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild.
Psal Afr1953 115:12  Die HERE het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën.
Psal Afr1953 115:13  Hy sal diegene seën wat die HERE vrees, die kleintjies saam met die grotes.
Psal Afr1953 115:14  Die HERE sal julle vermenigvuldig, julle en jul kinders.
Psal Afr1953 115:15  Julle is geseënd deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
Psal Afr1953 115:16  Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.
Psal Afr1953 115:17  Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie;
Psal Afr1953 115:18  maar óns sal die HERE prys, van nou af tot in ewigheid. Halleluja!