Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 120
Psal Afr1953 120:1  'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.
Psal Afr1953 120:2  o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
Psal Afr1953 120:3  Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?
Psal Afr1953 120:4  Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse.
Psal Afr1953 120:5  Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!
Psal Afr1953 120:6  Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.
Psal Afr1953 120:7  Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.