Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 108
Psal Afr1953 108:2  My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer.
Psal Afr1953 108:3  Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak.
Psal Afr1953 108:4  Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;
Psal Afr1953 108:5  want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.
Psal Afr1953 108:6  Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!
Psal Afr1953 108:7  Dat u bemindes gered kan word — verlos deur u regterhand en verhoor ons!
Psal Afr1953 108:8  God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
Psal Afr1953 108:9  Gílead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
Psal Afr1953 108:10  Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filistéa jubel Ek.
Psal Afr1953 108:11  Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?
Psal Afr1953 108:12  Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.
Psal Afr1953 108:13  Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite. In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.