Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 110
Psal Afr1953 110:1  Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.
Psal Afr1953 110:2  U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande.
Psal Afr1953 110:3  U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe.
Psal Afr1953 110:4  Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
Psal Afr1953 110:5  Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn.
Psal Afr1953 110:6  Hy sal 'n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel 'n hoof oor 'n groot land.
Psal Afr1953 110:7  Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef.