Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 36
Psal Afr1953 36:1  Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die Here.
Psal Afr1953 36:2  In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.
Psal Afr1953 36:3  Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.
Psal Afr1953 36:4  Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.
Psal Afr1953 36:5  Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.
Psal Afr1953 36:6  o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.
Psal Afr1953 36:7  U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!
Psal Afr1953 36:8  Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.
Psal Afr1953 36:9  Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
Psal Afr1953 36:10  Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
Psal Afr1953 36:11  Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.
Psal Afr1953 36:12  Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie. Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie.