Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 79
Psal Afr1953 79:1  'n Psalm van Asaf. o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak.
Psal Afr1953 79:2  Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land.
Psal Afr1953 79:3  Hulle het húlle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe.
Psal Afr1953 79:4  Ons het vir ons bure 'n smaad geword, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
Psal Afr1953 79:5  Hoe lank, HERE, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos 'n vuur?
Psal Afr1953 79:6  Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat U nie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie.
Psal Afr1953 79:7  Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes.
Psal Afr1953 79:8  Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak.
Psal Afr1953 79:9  Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam.
Psal Afr1953 79:10  Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte.
Psal Afr1953 79:11  Laat die gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm.
Psal Afr1953 79:12  En vergeld ons bure sewevoudig in hulle skoot die smaad waarmee hulle U, o Here, gesmaad het.
Psal Afr1953 79:13  En ons, u volk en die skape van u weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons u lof vertel.