Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 60
Psal Afr1953 60:1  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Lelie van die Getuienis." 'n Gedig van Dawid, om te onderrig.
Psal Afr1953 60:2  Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend.
Psal Afr1953 60:3  o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!
Psal Afr1953 60:4  U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!
Psal Afr1953 60:5  U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.
Psal Afr1953 60:6  U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.
Psal Afr1953 60:7  Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!
Psal Afr1953 60:8  God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
Psal Afr1953 60:9  Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
Psal Afr1953 60:10  Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa!
Psal Afr1953 60:11  Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?
Psal Afr1953 60:12  Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid. In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.