Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 82
Psal Afr1953 82:1  'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.
Psal Afr1953 82:2  Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.
Psal Afr1953 82:3  Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.
Psal Afr1953 82:4  Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.
Psal Afr1953 82:5  Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.
Psal Afr1953 82:6  Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste —
Psal Afr1953 82:7  nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.
Psal Afr1953 82:8  Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.