Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
Psal Afr1953 3:1  'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.
Psal Afr1953 3:2  o HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.
Psal Afr1953 3:3  Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.
Psal Afr1953 3:4  Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.
Psal Afr1953 3:5  Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.
Psal Afr1953 3:6  Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.
Psal Afr1953 3:7  Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.
Psal Afr1953 3:8  Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek. Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.