PSALMS
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66
67
68
69
70
71
72
73
74
75
76
77
78
79
80
81
82
83
84
85
86
87
88
89
90
91
92
93
94
95
96
97
98
99
100
101
102
103
104
105
106
107
108
109
110
111
112
113
114
115
116
117
118
119
120
121
122
123
124
125
126
127
128
129
130
131
132
133
134
135
136
137
138
139
140
141
142
143
144
145
146
147
148
149
150
Chapter 18
Psal | Afr1953 | 18:1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul. | |
Psal | Afr1953 | 18:3 | Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting. | |
Psal | Afr1953 | 18:7 | Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom. | |
Psal | Afr1953 | 18:8 | Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was. | |
Psal | Afr1953 | 18:9 | Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand. | |
Psal | Afr1953 | 18:11 | En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind. | |
Psal | Afr1953 | 18:12 | Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke. | |
Psal | Afr1953 | 18:14 | En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole. | |
Psal | Afr1953 | 18:15 | En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar. | |
Psal | Afr1953 | 18:16 | En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus. | |
Psal | Afr1953 | 18:17 | Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek. | |
Psal | Afr1953 | 18:18 | Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my. | |
Psal | Afr1953 | 18:20 | En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het. | |
Psal | Afr1953 | 18:21 | Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande. | |
Psal | Afr1953 | 18:23 | want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie. | |
Psal | Afr1953 | 18:25 | So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë. | |
Psal | Afr1953 | 18:31 | Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. | |
Psal | Afr1953 | 18:36 | Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak. | |
Psal | Afr1953 | 18:38 | Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie. | |
Psal | Afr1953 | 18:39 | Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete. | |
Psal | Afr1953 | 18:40 | En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk. | |
Psal | Afr1953 | 18:42 | Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie — tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie. | |
Psal | Afr1953 | 18:43 | Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate. | |
Psal | Afr1953 | 18:44 | U het my gered uit die getwis van die volk; U het my 'n hoof gemaak van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien. | |
Psal | Afr1953 | 18:45 | Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam, uitlanders het kruipende na my gekom. | |
Psal | Afr1953 | 18:49 | wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld. | |