Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 132
Psal Afr1953 132:1  'n Bedevaartslied. o HERE, dink aan Dawid, aan al sy moeite;
Psal Afr1953 132:2  dat hy aan die HERE gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob:
Psal Afr1953 132:3  Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie;
Psal Afr1953 132:4  sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie,
Psal Afr1953 132:5  totdat ek 'n plek vind vir die HERE, 'n woning vir die Magtige van Jakob!
Psal Afr1953 132:6  Kyk, ons het daarvan gehoor in Éfrata; ons het dit gevind in die velde van Jaär.
Psal Afr1953 132:7  Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete.
Psal Afr1953 132:8  Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van u sterkte!
Psal Afr1953 132:9  Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.
Psal Afr1953 132:10  Wys u gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg.
Psal Afr1953 132:11  Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.
Psal Afr1953 132:12  As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit.
Psal Afr1953 132:13  Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê:
Psal Afr1953 132:14  Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.
Psal Afr1953 132:15  Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood;
Psal Afr1953 132:16  en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel.
Psal Afr1953 132:17  Daar sal Ek vir Dawid 'n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde 'n lamp toeberei.
Psal Afr1953 132:18  Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter.