Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 55
Psal Afr1953 55:1  Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. n Onderwysing van Dawid.
Psal Afr1953 55:2  o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.
Psal Afr1953 55:3  Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,
Psal Afr1953 55:4  weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.
Psal Afr1953 55:5  My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.
Psal Afr1953 55:7  Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!
Psal Afr1953 55:8  Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.
Psal Afr1953 55:9  Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.
Psal Afr1953 55:10  Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.
Psal Afr1953 55:11  Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.
Psal Afr1953 55:12  Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.
Psal Afr1953 55:13  Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;
Psal Afr1953 55:14  maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude!
Psal Afr1953 55:15  Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.
Psal Afr1953 55:16  Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.
Psal Afr1953 55:17  Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos.
Psal Afr1953 55:18  Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.
Psal Afr1953 55:19  Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.
Psal Afr1953 55:20  God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.
Psal Afr1953 55:21  Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.
Psal Afr1953 55:22  Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.
Psal Afr1953 55:23  Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie. Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ék vertrou op U.