Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 31
Psal Afr1953 31:2  By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.
Psal Afr1953 31:3  Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos.
Psal Afr1953 31:4  Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.
Psal Afr1953 31:5  U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.
Psal Afr1953 31:6  In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God van trou.
Psal Afr1953 31:7  Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die HERE.
Psal Afr1953 31:8  Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het
Psal Afr1953 31:9  en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.
Psal Afr1953 31:10  Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.
Psal Afr1953 31:11  Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.
Psal Afr1953 31:12  Vanweë al my teëstanders het ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en 'n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af.
Psal Afr1953 31:13  Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.
Psal Afr1953 31:14  Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.
Psal Afr1953 31:15  Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.
Psal Afr1953 31:16  My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
Psal Afr1953 31:17  Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.
Psal Afr1953 31:18  HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!
Psal Afr1953 31:19  Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.
Psal Afr1953 31:20  o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!
Psal Afr1953 31:21  U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge.
Psal Afr1953 31:22  Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in 'n vaste stad.
Psal Afr1953 31:23  Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.
Psal Afr1953 31:24  Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel. Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!