Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 22
Psal Afr1953 22:1  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die hert van die dageraad." 'n Psalm van Dawid.
Psal Afr1953 22:2  My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
Psal Afr1953 22:3  My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
Psal Afr1953 22:4  Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
Psal Afr1953 22:5  Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
Psal Afr1953 22:6  Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
Psal Afr1953 22:7  Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.
Psal Afr1953 22:8  Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:
Psal Afr1953 22:9  Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!
Psal Afr1953 22:10  Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.
Psal Afr1953 22:11  Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.
Psal Afr1953 22:12  Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.
Psal Afr1953 22:13  Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
Psal Afr1953 22:14  Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.
Psal Afr1953 22:15  Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.
Psal Afr1953 22:16  My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
Psal Afr1953 22:17  Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.
Psal Afr1953 22:18  Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!
Psal Afr1953 22:19  Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.
Psal Afr1953 22:20  Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!
Psal Afr1953 22:21  Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.
Psal Afr1953 22:22  Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!
Psal Afr1953 22:23  Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.
Psal Afr1953 22:24  Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!
Psal Afr1953 22:25  Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.
Psal Afr1953 22:26  Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
Psal Afr1953 22:27  Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
Psal Afr1953 22:28  Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.
Psal Afr1953 22:29  Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.
Psal Afr1953 22:30  Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.
Psal Afr1953 22:31  'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag. Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.