Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 33
Psal Afr1953 33:1  o Regverdiges, jubel in die HERE! 'n Loflied betaam die opregtes.
Psal Afr1953 33:2  Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.
Psal Afr1953 33:3  Sing tot sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.
Psal Afr1953 33:4  Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou.
Psal Afr1953 33:5  Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE.
Psal Afr1953 33:6  Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
Psal Afr1953 33:7  Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.
Psal Afr1953 33:8  Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;
Psal Afr1953 33:9  want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.
Psal Afr1953 33:10  Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.
Psal Afr1953 33:11  Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.
Psal Afr1953 33:12  Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
Psal Afr1953 33:13  Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.
Psal Afr1953 33:14  Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,
Psal Afr1953 33:15  Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
Psal Afr1953 33:16  'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie.
Psal Afr1953 33:17  Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.
Psal Afr1953 33:18  Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;
Psal Afr1953 33:19  om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
Psal Afr1953 33:20  Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;
Psal Afr1953 33:21  want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.
Psal Afr1953 33:22  Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!