Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 19
Psal Afr1953 19:2  Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Psal Afr1953 19:3  Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:
Psal Afr1953 19:4  daar is geen spraak en daar is geen woorde nie — onhoorbaar is hulle stem.
Psal Afr1953 19:5  Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;
Psal Afr1953 19:6  en dié is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.
Psal Afr1953 19:7  Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.
Psal Afr1953 19:8  Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Psal Afr1953 19:9  Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.
Psal Afr1953 19:10  Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid — tesame is hulle regverdig.
Psal Afr1953 19:11  Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
Psal Afr1953 19:12  Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.
Psal Afr1953 19:13  Die afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.
Psal Afr1953 19:14  Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding. Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!