Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 12
Psal Afr1953 12:1  Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
Psal Afr1953 12:2  Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
Psal Afr1953 12:3  Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.
Psal Afr1953 12:4  Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,
Psal Afr1953 12:5  hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
Psal Afr1953 12:6  Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.
Psal Afr1953 12:7  Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
Psal Afr1953 12:8  U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig. Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.