Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 83
Psal Afr1953 83:2  o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
Psal Afr1953 83:3  Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.
Psal Afr1953 83:4  Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.
Psal Afr1953 83:5  Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.
Psal Afr1953 83:6  Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond:
Psal Afr1953 83:7  die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners,
Psal Afr1953 83:8  Gebal en Ammon, en Amalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus.
Psal Afr1953 83:9  Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 'n arm vir die kinders van Lot. Sela.
Psal Afr1953 83:10  Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison:
Psal Afr1953 83:11  hulle is verdelg by Endor, hulle het mis geword vir die grond.
Psal Afr1953 83:12  Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Salmúna,
Psal Afr1953 83:13  wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!
Psal Afr1953 83:14  My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.
Psal Afr1953 83:15  Soos vuur wat 'n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek —
Psal Afr1953 83:16  vervolg hulle só met u storm en verskrik hulle met u stormwind.
Psal Afr1953 83:17  Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o HERE!
Psal Afr1953 83:18  Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom; sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.