Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 8
Psal Afr1953 8:1  Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid.
Psal Afr1953 8:2  o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
Psal Afr1953 8:3  Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
Psal Afr1953 8:4  As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —
Psal Afr1953 8:5  wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
Psal Afr1953 8:6  U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
Psal Afr1953 8:7  U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
Psal Afr1953 8:8  skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,
Psal Afr1953 8:9  die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!