Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 129
Psal Afr1953 129:1  'n Bedevaartslied. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af — laat Israel dit sê —
Psal Afr1953 129:2  alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie.
Psal Afr1953 129:3  Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.
Psal Afr1953 129:4  Die HERE is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap.
Psal Afr1953 129:5  Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.
Psal Afr1953 129:6  Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek,
Psal Afr1953 129:7  waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.
Psal Afr1953 129:8  Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE.