Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 35
Psal Afr1953 35:1  'n Psalm van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!
Psal Afr1953 35:2  Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp!
Psal Afr1953 35:3  En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
Psal Afr1953 35:4  Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!
Psal Afr1953 35:5  Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot.
Psal Afr1953 35:6  Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg!
Psal Afr1953 35:7  Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.
Psal Afr1953 35:8  Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!
Psal Afr1953 35:9  Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.
Psal Afr1953 35:10  Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!
Psal Afr1953 35:11  Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.
Psal Afr1953 35:12  Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.
Psal Afr1953 35:13  En ek — toe hulle siek was, het ek 'n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.
Psal Afr1953 35:14  Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.
Psal Afr1953 35:15  Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.
Psal Afr1953 35:16  Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.
Psal Afr1953 35:17  Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.
Psal Afr1953 35:18  Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal ek U prys.
Psal Afr1953 35:19  Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!
Psal Afr1953 35:20  Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.
Psal Afr1953 35:21  En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!
Psal Afr1953 35:22  HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!
Psal Afr1953 35:23  Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.
Psal Afr1953 35:24  Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!
Psal Afr1953 35:25  Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!
Psal Afr1953 35:26  Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!
Psal Afr1953 35:27  Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg!
Psal Afr1953 35:28  En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.