Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 137
Psal Afr1953 137:1  By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.
Psal Afr1953 137:2  Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.
Psal Afr1953 137:3  Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied.
Psal Afr1953 137:4  Hoe sou ons die lied van die HERE kan sing in 'n vreemde land?
Psal Afr1953 137:5  As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!
Psal Afr1953 137:6  Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.
Psal Afr1953 137:7  HERE, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!
Psal Afr1953 137:8  o Dogter van Babel, jy verwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het!
Psal Afr1953 137:9  Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!