Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 80
Psal Afr1953 80:1  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies". 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm.
Psal Afr1953 80:2  o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!
Psal Afr1953 80:3  Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!
Psal Afr1953 80:4  o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
Psal Afr1953 80:5  o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?
Psal Afr1953 80:6  U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.
Psal Afr1953 80:7  U het ons 'n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.
Psal Afr1953 80:8  o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
Psal Afr1953 80:9  'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.
Psal Afr1953 80:10  U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.
Psal Afr1953 80:11  Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.
Psal Afr1953 80:12  Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.
Psal Afr1953 80:13  Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?
Psal Afr1953 80:14  Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.
Psal Afr1953 80:15  o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;
Psal Afr1953 80:16  en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.
Psal Afr1953 80:17  Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.
Psal Afr1953 80:18  Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.
Psal Afr1953 80:19  Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep. o HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!