Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 105
Psal Afr1953 105:1  Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend.
Psal Afr1953 105:2  Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.
Psal Afr1953 105:3  Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.
Psal Afr1953 105:4  Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
Psal Afr1953 105:5  Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,
Psal Afr1953 105:6  o nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!
Psal Afr1953 105:7  Hy, die HERE, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele.
Psal Afr1953 105:8  Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte —
Psal Afr1953 105:9  die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;
Psal Afr1953 105:10  wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond,
Psal Afr1953 105:11  met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel.
Psal Afr1953 105:12  Toe hulle min mense was, min en vreemdelinge daarin,
Psal Afr1953 105:13  en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk,
Psal Afr1953 105:14  het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:
Psal Afr1953 105:15  Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
Psal Afr1953 105:16  En Hy het 'n hongersnood oor die land geroep: elke staf van brood het Hy verbreek.
Psal Afr1953 105:17  Hy het 'n man voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop.
Psal Afr1953 105:18  Hulle het sy voete in boeie geknel, hy self het in die ysters gekom,
Psal Afr1953 105:19  tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die HERE hom beproef verklaar het.
Psal Afr1953 105:20  Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en hom losgelaat.
Psal Afr1953 105:21  Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed;
Psal Afr1953 105:22  om sy vorste te bind na sy begeerte, en aan sy oudstes moes hy wysheid leer.
Psal Afr1953 105:23  Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam.
Psal Afr1953 105:24  En Hy het sy volk baie vrugbaar gemaak en dit meer versterk as sy teëstanders.
Psal Afr1953 105:25  Hy het hulle hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel.
Psal Afr1953 105:26  Hy het Moses, sy kneg, gestuur en Aäron wat Hy uitgekies het.
Psal Afr1953 105:27  Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam.
Psal Afr1953 105:28  Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak; en hulle was teen sy woorde nie wederstrewig nie.
Psal Afr1953 105:29  Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse laat sterwe.
Psal Afr1953 105:30  Hulle land het gewemel van paddas, in die kamers van hulle konings.
Psal Afr1953 105:31  Hy het gespreek, en daar het steekvlieë gekom, muskiete in hulle hele grondgebied.
Psal Afr1953 105:32  Hy het hulle reëns hael gemaak, vuurvlamme in hulle land.
Psal Afr1953 105:33  En Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek.
Psal Afr1953 105:34  Hy het gespreek, en daar het sprinkane gekom en voetgangers sonder getal,
Psal Afr1953 105:35  wat al die plante in hulle land opgeëet het, ja, opgeëet het die vrugte van hulle grond.
Psal Afr1953 105:36  Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle krag.
Psal Afr1953 105:37  Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie.
Psal Afr1953 105:38  Egipte was bly toe hulle uittrek, want vrees vir hulle het op hulle geval.
Psal Afr1953 105:39  Hy het 'n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig.
Psal Afr1953 105:40  Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood.
Psal Afr1953 105:41  Hy het 'n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke — 'n rivier!
Psal Afr1953 105:42  Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg.
Psal Afr1953 105:43  En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel.
Psal Afr1953 105:44  En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem,
Psal Afr1953 105:45  dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja!