Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 5
Psal Afr1953 5:1  Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid.
Psal Afr1953 5:2  o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.
Psal Afr1953 5:3  Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.
Psal Afr1953 5:4  In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.
Psal Afr1953 5:5  Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.
Psal Afr1953 5:6  Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
Psal Afr1953 5:7  U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku.
Psal Afr1953 5:8  Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.
Psal Afr1953 5:9  HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.
Psal Afr1953 5:10  Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.
Psal Afr1953 5:11  Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.
Psal Afr1953 5:12  Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet. Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild.