Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 118
Psal Afr1953 118:1  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
Psal Afr1953 118:2  Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
Psal Afr1953 118:3  Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
Psal Afr1953 118:4  Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
Psal Afr1953 118:5  Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.
Psal Afr1953 118:6  Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen?
Psal Afr1953 118:7  Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.
Psal Afr1953 118:8  Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.
Psal Afr1953 118:9  Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.
Psal Afr1953 118:10  Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
Psal Afr1953 118:11  Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
Psal Afr1953 118:12  Hulle het my omsingel soos bye — hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
Psal Afr1953 118:13  Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die HERE het my gehelp.
Psal Afr1953 118:14  Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.
Psal Afr1953 118:15  'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
Psal Afr1953 118:16  Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
Psal Afr1953 118:17  Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel.
Psal Afr1953 118:18  Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.
Psal Afr1953 118:19  Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof.
Psal Afr1953 118:20  Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan.
Psal Afr1953 118:21  Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.
Psal Afr1953 118:22  Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword.
Psal Afr1953 118:23  Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.
Psal Afr1953 118:24  Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
Psal Afr1953 118:25  Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed!
Psal Afr1953 118:26  Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE.
Psal Afr1953 118:27  Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.
Psal Afr1953 118:28  U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.
Psal Afr1953 118:29  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!