Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 147
Psal Afr1953 147:1  Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas!
Psal Afr1953 147:2  Die HERE bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is.
Psal Afr1953 147:3  Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.
Psal Afr1953 147:4  Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.
Psal Afr1953 147:5  Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.
Psal Afr1953 147:6  Die HERE rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe.
Psal Afr1953 147:7  Sing 'n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter;
Psal Afr1953 147:8  wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit,
Psal Afr1953 147:9  wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.
Psal Afr1953 147:10  Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.
Psal Afr1953 147:11  Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.
Psal Afr1953 147:12  o Jerusalem, prys die HERE! o Sion, loof jou God!
Psal Afr1953 147:13  Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.
Psal Afr1953 147:14  Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring,
Psal Afr1953 147:15  wat sy bevel na die aarde stuur — sy woord loop baie vinnig.
Psal Afr1953 147:17  Hy werp sy ys heen soos stukke — wie kan bestaan voor sy koue?
Psal Afr1953 147:18  Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai — die waters loop.
Psal Afr1953 147:19  Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.
Psal Afr1953 147:20  So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!