Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PSALMS
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 25
Psal Afr1953 25:1  'n Psalm van Dawid. Alef. Tot U, o HERE, hef ek my siel op.
Psal Afr1953 25:2  Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.
Psal Afr1953 25:3  Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.
Psal Afr1953 25:4  Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.
Psal Afr1953 25:5  He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
Psal Afr1953 25:6  Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.
Psal Afr1953 25:7  Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
Psal Afr1953 25:8  Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
Psal Afr1953 25:9  Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.
Psal Afr1953 25:10  Kaf. Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
Psal Afr1953 25:11  Lamed. Om u Naam ontwil, HERE, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot.
Psal Afr1953 25:12  Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.
Psal Afr1953 25:13  Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.
Psal Afr1953 25:14  Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
Psal Afr1953 25:15  Ajin. My oë is altyddeur op die HERE, want Hy sal my voete uit die net uitlei.
Psal Afr1953 25:16  Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig.
Psal Afr1953 25:17  Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste.
Psal Afr1953 25:18  Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.
Psal Afr1953 25:19  Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met 'n gewelddadige haat.
Psal Afr1953 25:20  Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.
Psal Afr1953 25:21  Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.