PSALMS
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66
67
68
69
70
71
72
73
74
75
76
77
78
79
80
81
82
83
84
85
86
87
88
89
90
91
92
93
94
95
96
97
98
99
100
101
102
103
104
105
106
107
108
109
110
111
112
113
114
115
116
117
118
119
120
121
122
123
124
125
126
127
128
129
130
131
132
133
134
135
136
137
138
139
140
141
142
143
144
145
146
147
148
149
150
Chapter 71
Psal | Afr1953 | 71:3 | Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting. | |
Psal | Afr1953 | 71:4 | My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar. | |
Psal | Afr1953 | 71:6 | Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur. | |
Psal | Afr1953 | 71:9 | Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie. | |
Psal | Afr1953 | 71:13 | Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande. | |
Psal | Afr1953 | 71:15 | My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie. | |
Psal | Afr1953 | 71:16 | Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen. | |
Psal | Afr1953 | 71:18 | En ook tot die ouderdom en die grysheid toe — o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag. | |
Psal | Afr1953 | 71:19 | Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U? | |
Psal | Afr1953 | 71:20 | U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde. | |
Psal | Afr1953 | 71:22 | So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel! | |